Martin Brandt,
landboukundige, Pioneer
Dikwels word gevra hoekom daar nie gewig aan die koppe is tydens oestyd nie, alhoewel die mielieplante normaal vertoon het met ’n goeie aantal koppe per hektaar. Die antwoord lê daarin dat verskeie reaksies van mielieplante waargeneem kan word gedurende seisoene waar die weerpatrone anders as normaalweg voel.
In ’n seisoen soos onlangs in Suid-Afrika ervaar is, waar daar uiters nat planttoestande was en toe in die seisoen ’n erge hittetydperk, is gevind dat mielieplante in die begin van die seisoen tydens wortelontwikkeling nie goeie wortelstelsels gevorm het nie. Tydens die hittetydperk was baie mielieplante in die reproduktiewe stadiums, wat veroorsaak Read More